Die Donkey Derby is een van die geleenthede wat niemand mag misloop nie.

Dit beloof om die pret-geleentheid van die jaar te wees.

‘n Dag by die wedrenne (LHS)

Daar gaan 6 wedrenne wees waarvan elke wedren na ‘n besigheid(borg) vernoem word.  Die besigheid kry ook ‘n geleentheid om in die saal te adverteer met ‘n banier of advertensiebord. Die besigheid se inligting en kontakbesonderhede sal ook in die program aangetoon word.

Die borg koop ‘n tafel vir R2000.00 en word dan uitgenooi (10 persone per tafel) om die funksie by te woon. Daar word verversings op die tafel voorsien en elke tafel kan sy eie drank saambring waarvoor ‘n kurkfooi gehef gaan word.

6 Perde en 6 Wedrenne

  1. Voor elke wedren word die perde opgeveil. Die hoogste bod word die eienaar van die perd vir daardie wedren.
  2. Die eienaar van die perd stel ‘n joggie aan om die perd vir hom/haar te ry.
  3. Na al 6 perde verkoop is, plaas almal hulle weddenskappe en tree die joggies met hulle perde aan op die baan.
  4. Die perde ‘hardloop’ d.m.v. die gooi van van 2 dobbelstene. 1 kleur (perd) en een nommer (hoeveelheid blokke aanskuif).
  5. Die wedren word voltooi en die eienaar van die perd ontvang sy wengeld (50% vir netbalfonds en 50% vir eienaar).
  6. Die kleur perd wat wen en almal wat op hom gewed het, ontvang hulle wengeld.
  7. Daar gaan ook R5de na ‘n goeie bottel drank(borg) gegooi word en die naaste gooi wen die bottel.
  8. Pryse gaan oorhandig word vir:
    1. Beste geklede persoon
    2. Mees innoverende koelhouer
    3. Mees energieke joggie

Kom ons span saam en maak die Donkey Derby ‘n sukses en ‘n onvergeetlike geleentheid.

Dalk gaan ‘n jaarlikse instelling word. . .  wees deel van die PRET!