Ondersteuningsdienste

LHS GEE OM!

LHS poog om op ‘n daaglikse basis kospakkies en maandeliks toiletware aan behoeftige leerders te voorsien.  Om dit moontlik te maak, is ons van skenkings en diensbaarheid van ons skoolgemeenskap afhanklik.

Ons benodig dringend die volgende:

  • Boekoortrekbenodighede (papier, plastiek, kleefband)
  • “Flip Files” (Nuut of tweedehands)
  • Hangers vir ons klerebank

Vir enige navrae, of om betrokke te raak of bydraes te maak, kontak gerus vir Mev A van der Merwe,

LHS CARES!

At LHS we try to assist our needy learners with a daily food parcel and a monthly toiletry pack.  To make this possible we depend on donations and support from the school community.

We urgently need the following:

  • Book covers (paper,plastic, cellotape)
  • Flipfiles (Old and New)
  • Hangers for our second hand school clothes shop

For any inquiries, donations or to become involved in projects, please contact Mrs Attel v d Merwe, 013 235 2111.

LHS se Ondersteuningsdienste funksioneer olv mev Attel vd Merwe.

MAATSKAPLIK

Mev vd Merwe is ‘n gekwalifiseerde maatskaplike werker met 20 jaar ondervinding in die veld en in die besonder met kinders/jong volwassenes.

Mev vd Merwe sien om na die emosionele en maatskaplike welstand van die leerders sowel as die aanspreek van verskeie sosiale kwessies.

Die ondersteuningsdienste departement bedryf o.a. die “Adopt-a-Child” projek waar daar geleentheid is vir die publiek en gemeenskap om betrokke te raak.

Mev. vd Merwe kan gekontak word op 062 962 4662 of attel@lydenburghs.co.za.

Die Ondersteuningsdienste departement werk ook in assosiasie met die L.O.O.P. (Leierskap Opbou en Ontwikkelings Program) kantoor olv mev Zelda Kitching en Ds. Fred Wilson. L.O.O.P. is verantwoordelik vir die emosionele en geestelike ondersteuning van die leerders in die skool.

L.O.O.P.  organiseer en bied ook verskeie projekte en uitreike aan soos dienswerkkampe, jeugweek en leierskapsopleiding en ontwikkeling.

© 2015 Sofarider Inc. All rights reserved. WordPress theme by Dameer DJ.