Revue/ Konsert:

Droomland 2017

LHS se revue 2017 kan kort en kragtig beskryf word……. uiters suksesvol!!

Dit was harde werk. Dit was soms uitputtend. Dit was verseker pret. Dit was lekker.

Onder die bekwame leiding van mev. Carin Davies het die personeel en kinders vir baie weke geoefen. Die kinders het in graad verband deelgeneem so vanaf die jongste tot die oudste leerder het die kans gehad om deel te neem en aan die pret deelagtig te wees. Die groepe was onder leiding van:

Graad 12 – Mev Hanlie McGill
Graad 11 – Mev Charlaine Joubert
Graad 10 – Mev Reline Swanepoel
Graad 9 – Mej Vickey De Jager
Graad 8 – Mev Ronel Myburgh

Maar hierdie was verseker ‘n span poging. Daar was klankmanne, rekwisiete personeel, klere ontwerpers en maaksters, verhoogbestuurders, administrasie, finansies en toesigpersoneel en selfs ouers wat hand bygesit het. Elke bietjie harde werk en talent het uit die geledere van kinders en personeel van LHS gekom. dit was ‘n spesiale geleentheid voorwaar.

Dan was dit ook mev. Louise Steenkamp se laaste revue as een van die personeel. Ook vir haar (waar sy weereens as verhoogbestuurder opgetree het), was dit ‘n spesiale geleentheid waar sy ook van afskeid geneem is. Memories are made of this…..

 

© 2015 Sofarider Inc. All rights reserved. WordPress theme by Dameer DJ.