Slaagvereistes vir GR 8 en 9

 

Afrikaans 50%

Engels 40%

Wiskunde 40%

 

Enige 3 ander vakke moet ‘n gemiddeld van 40% behaal word.

Enige 2 ander vakke moet ‘n gemiddeld van 30% behaal word.

 

Slaagvereistes vir GR 10 tot 12

 

In Afrikaans Huistaal moet 40% behaal word.

Van die 6 oorblywende vakke moet in 2 vakke 40% behaal word en 3 vakke 30% behaal word.

Een vak mag gedruip word mits dit nie die Huistaal is nie.

 

Universiteitstoelating

 

50%+ moet behaal word in minstens 4 van die volgende vakke:

  1. Afrikaans Huistaal
  2. Engels
  3. Wiskunde
  4. Wiskundige Geletterdheid
  5. Lewenswetenskappe
  6. Geografie
  7. Besigheidstudies
  8. Rekeningkunde
  9. Ingenieursgrafika-en Ontwerp

 

Rekenaarstoepassingstegnologie, Siviele Tegnologie en Gasvryheidstudies speel geen rol in die bepaling van Universiteitstoelating nie.

Vir LOR geld daar spesifieke punte wat behaal moet word vir ‘n sekere rigting.

Vir elke studierigting geld daar spesifieke punte wat in sekere vakke behaal moet word.

Universiteite het verskillende wyses/formules vir berekening van ‘n toelatingspunt gegrond op prestasie in die vakke.

Raadpleeg Universiteite se inligtingstukke.