Verlede jaar was daar ‘n jong man van Duitsland wat vir ‘n paar maande by ons gekuier het. Hierdie jaar was dit ‘n pragtige jong dame, ook van Duitsland wat vir 3 maande ‘n gas en leerder by LHS was. Kira Tummers,17 jaar oud is van Munich en na haar vele ondervindings by LHS het sy so baie om met haar maats terug by die huis te deel. Ons gaan jou pragtige glimlag en warm natuur baie mis. Alles wat mooi is vir jou Kira. Padlangs Liefde.

As jou uitruilstudent van Duitsland leer Afrikaans lees, skryf en praat dan mag jy maar breed glimlag….Nhe Juffrou Louise?