Ons Missie / Our Mission

As leerling van Hoërskool Lydenburg streef ek na UITNEMENDHEID en WAARDES ten opsigte van my menswees in totaliteit en om my Christelike waardes positief uit te leef. Ek neem my eie besluite en daarom kies ek om: Altyd myself, ouerhuis of skool positief uit te dra. Al my talente, met elke geleentheid, uit te bou en te ontwikkel tot eer van God. Alle verantwoordelikheid te aanvaar vir die verloop van my lewe. Om ‘n positiewe en gebalanseerde lewensbeskouing na te streef. Die uitdagings van verandering en vernuwing te aanvaar en tot my gemeenskap se voordeel te verwerk. Roepingsgetrou in alles wat ek doen, my doelwitte met alle mag toekomstiglik na te streef en te verwesenlik. 

As a pupil of Lydenburg High School I aim for EXCELLENCE and VALUES in my personal life and in my endeavour to live according to my Christian principles. To portray myself, my family home and my school in a positive light to the community. To develop all my talents, at all possible times, to the glory of God. To accept responsibility for my life. To aim for a balanced and positive view of life. To accept and integrate the changes and renewals to the advantage of my community. To be true to my calling in everything I do, to strive for and achieve all my goals in the future.

Geskiedenis / History

Ons skool is gestig in 1921. Dus, is ons ‘n 100 jaar oud. Volg gerus hierdie jaar ons vervolgverhaal (met fotos en oulike feite) wat opbou na die groot feesviering in 2021. Geniet hierdie opwindende tyd saam met ons en sou u dalk ‘n interresante brokkie nuus, foto of item van belang met ons wou deel, kontak gerus vir mev Chrismari Aucamp by 013 235 2111/2 of chrismari@lydenburghs.co.za.

Indien u ‘n oudleerling van LHS is, sal ons dit waardeer indien u, u kontakbesonderhede aan die bg. e-pos adres sal stuur.

Padlangs groete!