Dit vir my as skoolhoof van Hoërskool Lydenburg ‘n voorreg om elke lid van die Lydens familie die Here se seën toe te bid vir die jaar wat voorlê.  Mag jy die uitdagings wat 2018 aan jou bied met albei hande vasvat en en ‘n sukses van die jaar maak.

Hoërskool Lydenburg is ‘n kwaliteit skool wat gebou is op die puik samewerking tussen onderwysers, ouers, leerders en die Lydenburg-gemeenskap. Een doelwit vir hierdie jaar is: “ ‘n Doelgerigte, hardwerkende Hoërskool Lydenburg wat altyd streef na uitnemendheid.”  Hierdie doelwit kan bereik word deur die benutting van alle geleenthede by ons skool.

Hier leef die Lydens familie die volgende waardes ten volle uit:

Respek, Rustigheid, Waarheid, Geduld, Eerlikheid, Goedhartigheid, Saggeaard, Vreugdevol, Liefdevol, Behulpsaam, Biddend en met Deernis.

Ek wil die hoop uitspreek dat ons pragtige skool in 2018 nog hoër hoogtes op alle terreine sal bereik.  Baie sterkte vir die nuwe jaar!

Padlangs-groete

Mnr Loots